MURGPAMPOENTJIE SOP – BABY MARROW
Goeie naand al die kos fairies. Ek en manlief is vannaand alleen by die huis en nie lus vir groot kos stories nie. Ons het besluit op lekker “Baby Marrow” Sop met roosterbrood en lekker medium room sherry! Die soppie werk goed as voorgereg of ligte maaltyd.
Bestandele.
6-8 Marrows in ringe gesny
1 Groot ui gekap
1 Medium Aartappel geskil en gerasper
1 Hoender aftreksel blokkie
1 koppie water
2 koppies melk of room
Margerien of Botter om groente mee te braai
Aromat, sout en peper na smaak.
Peppadew fyn repies gesny vir garnering.
Metode
Braai uie en marrows in margerien tot goudbruin.
Voeg res van die bestandele by en kook vir ongeveer 10min.
Versap.
Dien op saam met roosterbrood of enige ander interresante broodjie.
As die seuns by die huis is maak ons heerlike ham en kaas roosterbrood by.
Foto en resep: Thelma En Wessel DuPreez
geskuif
Thelma En Wessel DuPreez
Dis regtig baie lekker en veelsydig.