

GRANADILLA SKIL KONFYT
Ek probeer hard om minder te mors of weg te gooi, so ek doen redelik navorsing hoe om dele wat ons gewoonlik weggooi te gebruik.
Vandag se eksperiment was granadilla skil konfyt.
Kook die granadilla doppe, nadat die geel “vleis” uitgeskep is, tot sag en die binneste wit deel wegtrek van die buitenste harde dop.
Skep dit uit, maak fyn en gebruik gelyke hoeveelheid suiker tot “vrug” en kook tot die dikte na eie keuse.
Roer ‘n klompie granadilla pitte en sap by die konfyt en bottel die konfyt in gestereliseerde bottels en verseel.
Die eindproduk laat my baie aan marmalade dink, ‘n effe bitter nasmaak.
Ek is seker van jul slim mense kan my resep verbeter en verander.
Resep getoets en fotos: Henriette Rossouw






