

FRIEDA SE LEKKER SOUTTERTJIES
Hierdie Souttertjies is uit die boeke uit, helfte in Halogene gebak met n kors en die ander sonder kors het ek in die oond gedruk, …raak nou vaak hier in die kombuis
SOUTTERTJIES
1 rol skilferdeeg
3 eiers, geklits
750ml melk
150ml meelblom
250g spek, gesnipper
1 blik soutbeesvleis, fyngemaak
5ml mosterd
1 groot ui, gerasper
1 ml tiemie
20 ml pietersielie
1 ml rooipeper
3 ml sout
500 ml kaas gerasper
Rol die deeg uit en druk sirkels om in jou muffinpanne te pas
Klits die eiers en melk saal
Voeg res van bestanddele by, behalwe kaas
Skep mengsel in die korse
Strooi kaas oor
Bak by 180 grade tot goudbruin 30-40 min
RESEP EN FOTO: Frieda Greyling






