CAROL SE LAMSBREDIE MET AARTAPPELS IN ‘N BAKSAKKIE
Plaas lamsvleis saam met ‘n blikkie tamaties en uie, lamspeserye en ‘n blokkie Knorrox mutton flavour in ‘n baksakkie. Voeg blokkies aartappels daarby saam met 250ml water. Seël die baksakkie en maak ‘n paar gaatjies in die bokant om die stoom te laat ontsnap. Bak vir ‘n uur en 30 minute by 180ºC in die oond.
Bron en foto: Carol Swart