


ARABIESE KRUIE EN SPESERYE GEROOSTERDE VARKBOUD MET APPELSOUS
1 varkboud
± 1 – 2 koppies kookwater
sout en speserye/kruie na smaak
¼ koppie olyfolie
Appelsous:
Granny Smith appel skywe, afgeskil en pitte verwyder
strooisuiker na smaak
Spoel die stuk varkboud after met koue water en druk droog met kombuispapier.
Sit in oondskottel met vetlaag na bo.
Gooi die kookwater stadig oor die vetlaag.
Dit help dat die vel krakerig gaar word. Meng sout en speserye/kruie na smaak met die olyfolie.
Meng en smeer oor die hele boud en in die snye in die vet ook in.
Bak die eerste 30 min in op 225ºC en stel daarna die oond af na 170.
Bak daarna tot gaar na smaak en krakerige vel.
Haal uit oond en laat staan vir tenminste 15 min voordat dit gesny word.
Appelsous:
Kook die appel skywe in klein bietjie water tot gaar.
Druk fyn met stick blender en sit strooisuiker by. Sit in yskas tot benodig.
Nota:
Indien iemand die Arabian spice soek dis hoe dit lyk… sal by Duitse slaghuise beskikbaar wees aangesien RAPS ‘n Duitse produk is.
Resep en foto’s: Elsabie Templeton






