

ZORANA SE SUURLEMOENTERT
Resep en foto: Zorana vd Berg
FOOD LOVERS RECIPES
Hierdie resep is so maklik ek maak hom al jare en altyd n treffer!
Kors:
1 pakkie tennisbeskuitjies gekrummel
110 g botter of margarine gesmelt
Meng saam en druk kors in tertbak vas.
1 blik kondensmelk
¼ koppie suurlemoensap
1 eetlepel gerasperde suurlemoenskil
2 eiergele
1 bakkie gladde roomkaas
Meng die bestanddele goed saam.
Klits die 2 eierwitte styf saam met ‘n ½ koppie strooisuiker.
Skep die vulsel in die kors en skep die meringue (eierwitte) bo oor jou vulsel. Bak teen 180ºC net so 10-15 minute.






