

ZORANA SE GRANADILLA-YSKASTERT
Tert:
2 blikkies kondensmelk
2 pakkies suurlemoen jellie, aangemaak volgens aanwysings op die pakkie
2 blikkies granadillapulp
Kors:
2 pakkies tennisbeskuitjies
gesmelte botter
Meng al die bestanddele vir die tert goed saam in ‘n mengbak. Maak die tennisbeskuitjie fyn deur dit met ‘n koekroller in ‘n sakkie fyn te rol(hou ‘n bietjie krummels eenkant om oor die tert te strooi). Voeg net genoeg gesmelte botter by die krummels om dit bymekaar te bring. Druk die klam koekiekrummels vas in ‘n tertbak. Giet die tertvulsel oor die kors in die tertbak en strooi die krummels oor die tertvulsel. Plaas die tert in die yskas. Lekkerder as lekker!
Resep getoets en foto: Zorana vd berg






