

WERNER SE GESTOPTE WILDSFILLET
Bron: Werner Werries Schulze
FOOD LOVERS RECIPES
Ek sny my wild filet oop en sit gekapte sprietuie, klein bietjie knoffel en bietjie kaas in. Dan steek ek hom toe met tandestokkies. Van buite af steek ek n paar gaatjies in, so 3 per kant en stop in elke gaatjie n Juniper Berry, twee rosyntjies en n stukkie varkspek. Dan laat lê ek die filet vir so paar uur in die yskas in Knorr se “20 min.marinade”. Braai hom vinnig oor warm kole tot hy die graad van gaarheid bereik wat jy verlang.
Haal af en draai dadelik toe in “glad wrap” en los vir so paar minute. Maak dan oop en sny skywe. Jy sal nie eers proe dit is wild nie. Jy kan n naeltjie of twee of koljander ook insit, maar nie te veel nie. Ek sprinkel klein bietjie “mediteranian spice rub” aan elke kant terwyl hy braai. Weereens nie te baie nie






