

SPESERY BEET
1.5kg jong bete
500ml water
500ml asyn
500ml suiker
2ml sout
2ml fyn naeltjies
2ml kaneel
2ml fyn gemmer
1ml swart peper
Sny die beetlowwe af en was die bete. Bedek hulle met kookwater en kook tot sag. Trek die skille af en sny bete in skyfies. (Ek rasper myne).
Verhit water, asyn, suiker, sout, naeltjies, kaneel, gemmer en peper in n vlekvrye staal of emaljekastrol tot kookpunt. Voeg beet by, verlaag die hitte, sit deksel op en prut vir 20min.
Skep die warm beet in gesteriliseerde flesse en verseel.
HOe langer beet staan hoe geuriger
Geplaas en foto: Amanda Theunissen






