
KOS IDEES SONDER STOOF
Guava, custard and cream in a cup:
Layer tinned guavas, box custard and piping cream in a glass or cup, quick and easy. Everything is ready made.
Idea and photo: Tania Correira Swart
Aarbei toebroodjie:
1 Pakkie “digestive” koekies, 1 houer roomkaas gemeng met bietjie vanilla geursel, vars aarbeie, klaargemaakte botterversiersel in ‘n spuitsak, aarbeikonfyt.
Jy vat 1 koekie, smeer klein bietjie konfyt op die koekie, druk versiersel op die konfyt, smeer die roomkaasmengsel op die versiersuiker en plaas ‘n skyfie vars aarbei op die roomkaas, eindig met ‘n koekie. Jy kan nog ‘n skyfie aarbei bo-op die koekie plaas en met versiersuiker sprinkel.
Idee: Hannie Hook
Pepperminttertjie in ‘n glas:
Ons het dieselfde taak gehad en ‘n klein “peppermint crisp” tertjie in ‘n glas gemaak. Ek het die koekies reeds tuis fyngemaak en ook die room en “caramel treat” gemeng. Hy het net sy glasie gepak met ‘n lagie koekies, ‘n lagie room-mengsel, dit herhaal en fyn “peppermint crisp” bo-op gesprinkel.
Idee: Elsje Nel
Klapperballetjies:
Klapper, fyn marie beskuitjies en kondensmelk. Meng al die bestanddele saam en vorm balletjies. Vryf jou hande met botter sodat die mengsel nie vasklou in jou hande wanneer jy die balletjies vorm nie. Ek het dat sy van dit by die huis maak en omtrent so ¼ van die bestanddele uithou om in die klas te doen
Idee: Paula Nicholas
Tunaslaai:
Blikkie tuna wat hy opbreek en bo-op blaarslaai, tamatie, komkommer, agurkies, blokkies kaas, voeg. Kan vinnig ‘n sousie meng met bietjie mayonnaise, olie, suurlemoensap en speserye en dit bo-op drup. Voila! ‘n lekker gereg! My seun het dit in laerskool gemaak en lekker pouse ge-eet daaraan. Goeie punt ook gekry omdat dit gesond is. Of hy kan ‘n bietjie muesli onder in ‘n bakkie skep, lagie vrugte op die meusli, (net wat julle in huis het en van hou ) en dan lagie jogurt (kan ongegeurde- of vrugtejogurt wees) en dan sprinkle met bruinsuiker. Herhaal hy alles twee maal gebruik het. Moet eindig met bruinsuiker. Heerlik!
Idee: Chuki Williams
Erina Van Zyl:
Maak vrugte sosatie as nagereg.
Rina Kleinhans:
Rol ‘n snytjie brood plat met ‘n koekroller, sit ‘n worsie op, rol weer op soos “swiss roll”, lekker styf, sny in happie grote en stekn met ‘n stokkie vas, nou kan hy ‘n mosterd sousie byvoeg.






