KOS IDEES SONDER STOOF
GUAVA CUSTARD AND CREAM IN A CUP
Pudding guava custard and fresh cream, quick an easy. Everything is ready made will post picture
Source and Photo: Tania Correira Swart
AARBEI TOEBROODJIE
Maar jy koop n pakkie digestive koekies, 1 houer roomkaas, strawberries, icing sugar klein bietjie vanalla essence & strawberry konfyt.
Jy vat 1 digestive koekie onder,klein biejtie strawberry konfyt, pipe icing, vanilla & roomkaas mengsel bo op dit sit strawberries wat gesny is bo op dit sit 1 digestive koekie bo op & n strawberry wat in die helfte gesny is heelbo op & strooi liggies met icing sugar
Bron: Hannie Hook
PEPPERMINT TERTJIE IN ‘N GLAS
Ons het dieselfde taak gehad en ‘n klein peppermin crisp tertjie in ‘n glas gemaak. Ek het die koekies reeds tuis fyngemaak en ook sy room en caramel treat gemeng. Hy het toe net sy glasie gepak met ‘n lagie koekies, ‘n lagie room-mengsel, dit herhaal en fyn peppermint crisp bo-op gesit.
Bron: Elsje Nel
KLAPPER BALLETJIES
My kind het klapper balletjies gemaak. Klapper, marie beskuitjies en kondensmelk. Maar marie beskuitjies fyn in plastiek sakkie meng al die bestandele saam en vorm balletjies sit bietjie botter op hande sodat dit nie vas klou nie. Ek het dat sy van dit by die huis maak en omtrent so 1/4 van die bestandele uithou om in die klas te doen
Bron: Paula Nicholas
TUNA SLAAI
Hy kan ‘n tuna slaai maak. Blikkie tuna wat hy opbreek en bo-op blaarslaai, tamatie, komkommer, agurkies, blokkies kaas, gooi. Kan vinnig ‘n sousie meng met bietjie mayonaisse, olie and suurlemoen sap, speserye en dit bo-op drup. Voila! ‘n lekker gereg! My seun het dit in laerskool gemaak en lekker pouse geeet daaraan. Goeie punt ook gekry omdat dit gesond is. Of hy kan ‘n bietjie muesli onder in ‘n bakkie gooi, lagie vrugte, (net wat julle in huis het en van hou ) en dan lagie jogurt (kan plein of vrugte wees) en dan sprinkle met bruik suiker – tot hy alles tweemaal gebruik het. Moet eindig met bruinsuiker. Heerlik!
Bron: Chuki Williams
Erina Van Zyl
Maak vrugte sosatie as nagereg
Rina Kleinhans
Rol ‘n snytjie brood plat met ‘n koekroller, sit ‘n worsie op, rol weer op soos swiss roll, lekker styf, sny in happie grote en steen met stokkie vas, nou kan hy ‘n mosterd sousie bysit