



KOOS SE KRUMMELPAP
Ek gaan nou maar skat maar dit is ook omtrent
2 koppies water en twee koppie meel of meer indien nodig
1 en ‘n halwe teelepel sout
Ek werk nog op die ou manier jy gooi met die oog
Ek gooi water in die pot vir die hoeveelheid pap ek min of meer wil maak so 1 derde van my yster pot is water.
Bring die water tot kook punt en gooi die sout by.
Dan haal ek die pot van die stoof af en draai die hitte van die stoof tot laag op no 2
Ek gooi die mieliemeel by die water sonder om te roer sodat dit ‘n piramiede vorm tot bo by die pot opening
Sit die deksel terug op die pot sodat als solank stoom terwyl die stoof se plaat afkoel na no 2 hitte.
Dan plaas ek die pot terug op die stoof en los vir 15 minute voor ek die eerste keer goed begin deur roer
Ek gebruik ‘n hand gemaakte blou draad pap menger, ‘n groot braai vleis vurk werk ook goed.
So roer ek vir die eerste uur elke 15 minute goed deur en maak seker die deksel is mooi op die pot. Die stoom moet nie ontsnap nie dit maak die pap gaar en gee water.
Na ‘n uur begin ek elke 30 minute goed roer tot die pap reg is na so 4 ure.
Dan lyk dit so saam met ‘n lekker Tamatie en uie sous en dun 100% bees Boerewors
Vandag weer krummel pap gemaak.
Toe die pap nou gaar is gooi ek 250 gram botter by en maak die pot toe terwyl ek gaan braai
Roer alles voor ons opskep en dan eet jou vingers af aan daai pap
FOTO EN RESEP: Koos van der Merwe







Aniki Van Rensburg
Dit is heerlik, ek rasper die aartappel en gooi gevriesde sweetcorn of mielies in, en dan spice for rice (ek gooi heelwat in) As aartappels sag is gooi ek my meel by. Voor opskep roer so 2e botter hoogvol in.
O ja, die pap bly sag. Ek vries ook my pap. Ondooi en warm op in mikrogolf en whalla.
Petra Nel
Ek maak ook so Koos maar voor ek die deksel teruplaas. maak ek ‘n gaatjie in die middel van die piramiede met die langsteelvurk om iets soos ‘n “vuurspuwende berg” te vorm. ‘n Wenk wat ‘n oom van my. my nog gegee het. Dan kook daar oo bietjie bietjies water uit.