JOHAN SE PERLEMOENGEREG
1kg Perlemoen ontskulp
1 Ui fyn gerasper
Olyf olie
250ml Wit wyn / Sous waarin perlemoen gekook is
Sout en fyn peper
Neut ( knypie of twee )
Suurlemoensap
250ml Room
Kook die skoon gemaakte perlemoen in klein bietjie water tot sag. ( Die perlemoen maak sy eie sous ). Behou die sous.
Braai die gerasperde ui in die olie op matige hitte tot glanserig. Voeg die gemaalde perlemoen by en roer deur. Voeg sout en peper en die sous van die perlemoen by terwyl gedurig geroer word. Voeg nog sous of wyn by indien nodig. Voeg die neut by. Voeg suurlemoensap by en tot die verlangde “ suursmaak “ volgens keuse reg is. Voeg ten laaste die room by en roer deur terwuyl die perlemoen prut.
Bedien op rys met suurlemoen skyfies.
RESEP: Johan Rossouw