


INA SE HEEL VYE KONFYT VAN GEVRIESDE VYE
Dis die resep waarmee ek groot geword het.
1 kg vrugte
1 kg suiker
1 koppie water
10 ml suurlemoensap
Ek ontdooi die vye, dis nog koud maar nie gevries wanneer hulle in pot gaan.
Skil dit nie prik net die skille oral sodat die stroop lekker kan deur kook
Dan gooi ek klaar suiker, water en suurlemoen sap by en verhit stadig tot kookpunt.
Reguleer jou hitte sodat jy nie oorkook nie.
Roer gereeld ook om oorkook en aanbrand te voorkom.
Ek gebruik nie kalk nie, alhoewel ek weet dat sommige mense wel kalk gebruik maar dit kompliseer dinge net vir my en myne smaak en hou goed sonder al die tierlantyntjies.
Wanneer ek sê afkoel beteken dit net dit, afkoel (nie kokend warm meer nie) anders gaan die kerswas nie stol sodat jy die bottel dig kan toedraai nie. Die kerswas is net om ‘n lagie te vorm sodat daar konfyn nie blootgestel is aan suurstof wat die vrugte kan laat sleg word en gis nie.
Ek het die basiese resep gegee so sou jy dan nou bv 3 kg vrugte het sal jy dan nou die 1 kg resep net 3 x vermeerder. Dws ek het 15 kg vye gehad so ek het dit 15 x vermeerder.
Die 15 kg het ongeveer 4 en half ure gekook. Kook stadige en roer gereeld dat dit nie aanbrand nie. Jy skep maar kort kort klein bietjies in n piering en laat afkoel. Wanneer die stroop dikkerig word wanneer afgekoel, is dit reg. Ek laat afkoel voor dit in bottels geskep word en verseel met n lagie kerswas, soos die ou mense gedoen het, voor ek dig toeskroef. Dit hou lank op die rak.
Resep en foto: Ina Pretorius






