EINDE VAN DIE MAAND SOUTTERT
1 ui fyn gekap
1 eetlepel gekapte knoffel
1 blikkie corned beef (bullybeef)
6 eiers
1 koppie melk
1 koppie gerasperde kaas
Sout en peper na smaak
Plaas gekapte uie onder in bak
Sprinkel knoffel oor
Voeg bully beef blokkies oor
Meng eiers, melk, sout en peper, en 1/2 koppie kaas saam
Gooi oor die dis
Strooi res van die kaas oor
Bak vir 40min @ 150°C
Resep en 1ste Foto: Cecil Dunhin
2de Foto: Ruan Maartens