COQ AU VIN BLANC (hoender in witwyn)
Hierdie klassieke landelike Franse dis met hoenderstukke, spek, piekel uitjies, knoffel, room, witwyn en knoppie sampioene gaan vanaand se aandete wees.
200 g spek gekap in stukkies
4 hoender dye
4 hoender boudjies
sout en varsgemaalde swart pepper
1 medium ui, fyngekap
10 klein piekel uitjies afgeskil (hou heel)
1 knoffel bol, toontjies uitmekaar gehaal en skilletjies verwyder (hou heel)
250g vars knoppie sampioene, afgevee en in helfte gesny
¼ koppie koekmeel
2 eetlepels tamatie paste
3 koppies droë witwyn
3 koppies hoender aftreksel
8 takkies vars tiemie
2 lourier blare
½ koppie dik vars room
pietersielie takkies vir garnering
Verhit oond tot 200˚C.
Braai die spek in ‘n groot oond kasserol tot bros en al die vet afgebraai. Gebruik ‘n gaatjies lepel en plaas die spek stukkies op kombuis papier om te dreineer. Hou eenkant.
Geur die hoender stukke met sout en pepper en braai tot bruin in die warm spek vet. Skep die hoender stukke uit en hou eenkant. Verlaat die hitte tot medium hoog en sit die gekapte uie, piekel uitjies en knoffel toontjies in die spek vet en braai vir 5 minute.
Voeg die sampioene by en kook vir nog 5 minute of tot hulle alle vog afgegee het en begin bruin word. Voeg die meel en tamatie paste by en kook vir ‘n minuut terwyl dit geroer word. Voeg stadig die wyn en aftreksel by terwyl dit geroer word. Voeg die tiemie, lourierblaar, spek stukkies en hoender by. Bring tot by kookpunt en stel dan af na medium tot laag sodat dit net prut vir 15 minute tot die vloeistof begin effens dik word.
Maak die kasserol toe met deksel, plaas in oond en kook vir ongeveer 1½ ure of tot die hoender stukke baie sag is. Roer die room versigtig by. Garneer met pietersielie en bedien warm. Ek gaan dit bedien op fluffy sexy mash met gestoomde heel jong groenboontjies en lemoen soet wortels.
Foto: Elsabie Templeton
Resep geplaas deur Elsabie Templeton
Marika Tegmann
Dit is baie lekker. Al wat ek verander die1/4 koppie Koekmeel na 1/2 koppie Koekmeel verander. Wou nie dik word met net die 1/4 koppie Koekmeel nie.
Ivanda Venter feeling content.
Wow, I can recommend the chicken in white wine posted this week. Is is beyond delicious!