ZELDA SE EIERLOSE KLUITJIES VIR VLEIS
2k Koekmeel
1e Bakpoeier
½ t Sout
1k Water
Sif droe bestanddele saam. Maak aan met water en skep lepelsvol op vleis.
Kook vir 15-20 minute tot gaar.
Ek braai my brisket lekker bruin aan albei kante en kook dit dan vir ‘n uur in my stoompot tot heerlik sag. Dan skep ek my vleis uit en sit kluitjies net in sous om gaar te word. Ek maak altyd resep 2 keer aan omdat my mense mal is oor dit saam met kookkos. Dan maak ek kluitjies in 3 sarsies. Ek sit ook glad nie ‘n deksel op as kluitjies als ingeskep is om gaar te word nie, dis geneig om erg oor te kook.
Bron en foto: Zelda Pieterse