

RINIE SE GEVULDE VARKFILETTE
Bron Rini en Gideon Louw
Foto Gideon Louw
2 kleinerige varkfilette
½ koppie wit kaas (edam), gerasper
1 eetlepel korrel mosterd
1 ½ eetlepel heuning
1 desertlepel soja sous
½ gerasperde groen appel
sout en swartpeper na smaak
Sny die filette se dun punte af ( dit was vir ou proppie gebraai).
Maak ‘n snit van die dik kant af in die filet sodat dit ‘n lang pouch maak.
Meng dan alle ander bestanddele en stop die filet tot by die punt, steek toe met ‘n tanne stokkie.
Braai oor nie te skerp kole ± ‘n half uur en smeer twee of drie keer met sweet sticky chicken marinade.






