MARIUS SE MANGO KONFYT
500 g mango (geskil en in blokkies gesny)
300 g suiker
2 eetlepels suurlemoensap(verkieslik vars)
½ teelepel gemmer
1 stingel rosemary
mespunt kaneel
Kook al die bestanddele sonder water maar begin met lae hitte en gaan stelselmatig warmer na 40 minute sodat die water in die mango beslag kan uit kook.
Kook altesame vir 90 minute tot die regte dikte verkry is. Onthou die mango stol bietjie as dit in die yskas is so moenie jou konfyt te dik maak nie.
Pars die gekookte mango elke nou en dan met jou “smasher” tot dit sy fyn moontlik is.
As dit klaar gekook is kom die harde werk. Pars die mango deur jou meel sif in ‘n bak. Daar sal ‘n dok haarsel agterlaat oorbly in die sif.
Gooi die steeds warm mango fyn beslag in bottels tot ronding bo vorm en seël.
Pas jou resep aan soos jy dit verkies maar ek gebruik ‘n 2:1 vrugte:suiker verhouding. Vir minder soet vrugte 2:2
FOTO EN RESEP: Marius Stragen Vd Walt