

INDIVIDUELE KAAS EN BILTONG POTJIES
Ek het vir my hierdie oulike klein potjies gekoop (dit vat 500ml water). Wil nou houtborde vir dit laat maak. Maar in die potte is biltong, room en sampioene.
Ek het die volgende gebruik:
2 houertjies room
Pakkie sampioensop
Melk
Botter
Koekmeel
Sout en peper
Kaas
Sampioene
Baaaaaaaaie knoffel
Ek het eers al die sousbestanddele gemeng en toe die sampioene bygesit en saam met die sous laat gaar word en toe dit basies gaar is fyngesnyde biltong bygeroer
(Ek het nie die hoeveelhede afgemeet nie, net gemeng soos ek goed dink en genoeg gemaak vir 8 potjies).
Laaste het ek gerasperde kaas oorgesit en laat smelt, en dit voorgesit saam met brood met knoffel, botter en bloukaassous.
Bron en Foto: Joey Du Pisanie






