GEBAKTE VIS MET ‘N SOPBROODJIE
My man is baie baie lief vir gebakte vars vis en brood met appelkoos konfyt, maar die wat weet ons eet nie brood oor die algeneem nie sal nou verstaan waarom hierdie vir hom ‘n groot bederf was. Ons het vars geelstert vanoggend te koop gekry, en ek het dit net in gegeurde meel/eier/meel gedoop lekker laat koud word in die yskas en toe in vlak olie gaar gemaak. (onthou die mespunt kerrie poeier in die meel en vis speserye, sout en peper)
Die broodjie is die gewone sopbroodjie – 1pk 500g bruismeel, maar ek het helfte nutty wheat meel en bruismeel gebruik,
1 pk bruin uiesoppoeier,
1.5teel bakpoeier as jy nutty wheat gebruik,
1/2 kp opgesnyde sampioene en so paar songedroogte tamaties fyn gesny,
nou meng jy met enige vloeistof, bier is lekker, ek het sommer 250ml room en ongeveer 250ml melk gebruik, meng tot ‘n redelike slap deeg maar nie loperig nie, sit in brood pannetjie, rasper kaas oor en bak by 180 grade C vir ongeveer 45min of tot gaar. Ek kan julle vertel, dit lyk dalk nie so lekker nie, maar ons was blink-bek ge-eet…
FOTO EN RESEP: Rina Kleinhans
Geskuif