

DADEL BALLETJIES MET NUTELLA VULSEL
250 ml botter
250 ml suiker
500 ml dadels fyn gekap
1 eier
5 ml vanilla geursel
2 kleinerige pakkies Marie beskuitjies
Nutella
Klapper
Smelt botter en suiker saam op lae hitte tot suiker opgelos is.
Voeg dadels by en kook tot sag – roer nou en dan – hou maar dop.
Haal van stoof af en koel so bietjie af.
Roer goed geklitste eier by, vanielje geursel en laastens die koekies.
Vorm balletjies, druk ‘n holte met jou vinger in die balletjie en vul met Nutella.
Maak toe en rol in klapper.
Sit in yskas in styf te word.
Foto en resep: Sue Botha






