


RIZANNE SE LEKKER WORTEL KOEK
500 ml suiker
4 groot eiers
3 ml vanieljegeursel
375 ml sonneblomolie
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
10 ml koeksoda
10 ml fyn kaneel
5 ml gemengde spesirye
5 ml sout
750 ml fyn gerasperde wortel
200 ml klapper
250 ml pekanmeute gekap
Versiersel
125 g botter
10 ml suurlemoensap
500 g versiersuiker
250 g roomkaas
5 ml vanieljegeursel
Stel oond op 180° C. Smeer 2 koekpanne met botter uit.
Klits eiers, suiker en vanielje saam en voeg olie geleidelik by.
Sif meel, bakpoeier, koeksoda, kaneel, gemengde speserye en sout saam, meng dit dan by die eiermengsel.
Voeg wortels, klapper en neute by. Gooi in panne bak 45 min, maar maak staat op jou toetspen en Whala!!
Versiersuiker
Plaas botter in n mengbak en helfde van versiersuiker, klits tot romerig.
Gooi roomkaas by en die res van die versiersuiker asook die vanielje en suurlemoensap klits tot alles mooi gemeng is. Moet nie bang wees om te speel met die versiersuiker nie, soms gooi ek ‘n bietjie kondensmelk in vir pret..
Bo op is perskes, pekanneute, fyn gemmerkoekies en goue “sprinkels” ( kry dit gewoonlik by n bakery).
Whala!!
Let Wel: Ek het vandag hierdie wortelkoek gebak. Ek het hom × 2 aangemaak om 4 lae te kry.
Bron en Foto: Rizanne Van Heerden
2de Foto: Suenell Liebenberg






