

GEMARINEERDE BROCCOLI EN BLOMKOOL SLAAI
Ek was swanger met my laatlam dogtertjie en onthou dit was moedersdag toe ek hierdie ongelooflike slaai geëet het by ‘n naburige restaurant. Ek en my skoonma kon nie genoeg van die slaai geskep kry nie, so erg dat my man met ons geraas het ons mors sy geld, hoekom eet ons nie vleis nie? Die chef het die resep vir my gegee en soos dit my natuur is, het ek geskaaf en skuur totdat die smaak vir my reg was. Die oorspronklike resep het nie feta en neute ingehad nie. Die slaai kan net met broccoli of met blomkool gemaak word. Wel, die slaai is ongelooflik!
Spek, ham, kekerertjies, grondbone, heerlike garnering idees!
500 g broccoli
500 g blomkool
2 wortels in wieletjies of repies
1 soetrissie – in repies gesny
½ koppie rosyne of pruimedante
1 ui – ringetjies gesny – nie te dun
125 ml neute van keuse – opsioneel (ek hou van gevlokte amandels)
250 g feta kaas blokkies of cheddar
Kook water met sout in om die broccoli en blomkool te blansjeer.
Blansjeer is wanneer jy groente in vinnig kokende water dompel en dan vir 2 minute los, uithaal en in koue water dompel om die kook proses te stop. Haal dadelik uit.
Meng al die slaai bestanddele saam en maak die sous wat moet oor kom.
1 koppie wit suiker
1 koppie slaai olie (slaai olie kan wees sonneblom, canola, extra virgin olive oil)
1 koppie asyn
½ koppie gewone jogurt
1 teelepel sout
Klits die asyn en suiker saam en verhit oor medium hitte sodat suiker opgelos is. Laat afkoel tot lou warm en voeg die olie en jogurt by, giet oor slaai en laat vir 5 ure marineer voor opdiening.
Resep geplaas deur Mariska Louw
Foto: Lesdee Gloak Bam







geskuif