

BETTIE SE LEKKER ANYSBESKUIT
16 koppies koekmeel
2 eetlepels sout
3 pakkies droë gis
½ pakkie anys
Meng goed.
Bring tot kookpunt:
2 koppies melk
3 koppies suiker
500 g margerine
Margerine moet smelt.
Laat koud word.
Klits 4 eiers en meng by koue melkmengsel, voeg 2 koppies louwater by, roer goed, meng met meelmengsel.
Knie goed, voeg bietjie bietjie meel by tot deeg nie aan vingers vas sit nie.
Deeg moenie slap wees nie.
Maak warm toe, laat rys, spuit panne. Wanneer klaar gerys het, knie weer af, maak bolletjies nie te klein nie, pak in panne en laat rys in panne.
Moet bietjie hoër as panne rys. Bak in oond op 140 ºC vir plus minis 1 uur en 15 min.
Laat afkoel, sny en droog uit ek het 3 Groot panne gebak.
Bron: Jan end Esme se so maak men’s
Foto: Bettie Venter






