

RINA SE SUPER SAGTE HEEL BEESRIB IN DIE OOND
Resep: Rina Kleinhans
Foto: Benhet Nieuwenhuis
FOOD LOVERS RECIPES
2 pakkies royco marinade (spare rib of hoender)
½ koppie kookolie
1 koppie balsamiese asyn
3 koppies water
Meng alles en laat rib oornag in marinade lê in ‘n oondpan.
Plaas die pan net so met die rib en marinade, bedek met foelie in die oond en bak by 160ºC tot dit begin sag word (2 ½ ure)
Strooi bietjie sout en tiemie oor, bak verder oop tot gaar en mooi bruin (half uur)
Nota: Verf die marinade/sous oor elke keer wat jy die rib draai.






