

PIESANG-NEUT FILO ROLLETJIES
Piesang:
Gebruik ‘n halwe piesang per rolletjie.
Fillodeeg:
Gebruik 2 – 3 velle om twee rolletjies mee te maak. Smeer elke vel met gesmelte botter of margarien. Botter gee altyd te beste resultate.
Strooisel:
Meng gelyke dele bruiksuiker en fyngemaakte Haselneute met kaneel na smaak. Sprinkel dit tussen die lae fillodeeg.
Maak van rolletjies:
Rol soos in foto-demonstrasie.
Bak:
Bak vir 20 minute teen 180grC.
Bestuif met ‘n bietjie versiersuiker as dit effens afgekoel het.
Bediening:
Bedien saam met styfgeklitste room waarby ‘n bietjie rum gevoeg is.
Foto’s: Louise Groenewald






