

MUFFINS IN N JAPTRAP
*Gebruik ‘n 175ml Jogurt glasie vir afmetings*
• 1 glasie jogurt, enige geur
• 2 glasies suiker
• 3 glasies bruismeel
• 2 eiers
• 1 glasie olie
Metode
– Meng alles saam en skep in ‘n muffin-pannetjie wat uitgevoer is met botter of “spray&cook”
– Bak teen 180 grade vir 20 minute.
Ps. Ek gebruik die aarbei geur jogurt en sny dan heel stukkies aarbeie tussen in. Enjoy!
Resep: Juffrou Kramer
Resep verskaf: Liezel van der Merwe






