

MAGDA SE SMULLEKKER PAVLOVA
4 eierwitte
250 g strooisuiker (1 ¼ koppie)
2 ml wit asyn
5 ml mielieblom
1 blik Caramel Treat
2 koppies room
vars aarbeie, bloubessies en kersies
Klits eierwitte met elektriese klitser tot punte vorm.
Klits die suiker op stadige spoed by tot die mengsel styf en glanserig voorkom.
Voeg die asyn en mielieblom by en vou in met ‘n metaallepel.
Trek ‘n sirkel van 20 cm op ‘n velletjie bakpapier. Die mengsel is genoeg vir 2 skywe soos op die foto.
Bak teen 160°C vir een en ‘n half uur. Laat afkoel.
Smeer ‘n lekker laag Caramel Treat gevolg deur styfgeklopte room. Plaas tweede skyf en herhaal. Versier met vars aarbeie, bessies en kersies. Rond af met geraspeede sjokolade en mint blaartjies.
Hierdie mengsel maak ook een groot pavlova. Lig die kante effens om spasie te maak vir die vulsel.
Bron en foto: Magda Stoffberg
Nota: Rina Kleinhans – Ek sal dit teen 120-140 bak en in die oond laat afkoel volgende keer..







geskuif
Ek het gevind dat 160 grade bietjie hoog is en die meringue te vinnig verbruin, ek dink mens moet hom stadige bak, en dan in die oond laat afkoel, maar dit is heerlik, ek sal dit weer maak.