

LEKKER SJOKOLADE VERSIERSEL
60 ml (¼ koppie) margarien
30 ml (2 eetlepels) melk
5 ml (1 teelepel) koffiepoeier
2 ml (½ teelepel) vanieljegeursel
375 ml (1½ koppies) versiersuiker
15 ml (1 eetlepel) kakao
VERSIERSEL:
Smelt die margarien en melk en voeg die koffie en geursel by.
Sif die suiker en kakao by en meng goed tot glad.
Resep verskaf: Alicia Janine Dirkse






