JINNIE SE BEEF STROGANOFF
Oe my man gaan bly wees vanaand as hy huistoe kom na sy Beef stroganoff toe!
Ek werk nie volgens resep nie, maar die metode lyk so:
Braai 1 pakkie vleisblokkies in knoffelbotter. Haal uit, braai 1 pakkie opgesnyde sampioene in selfde pan. Wanneer sampioene sag is, sit vleis terug in pan met een eetlepel mieliemeel, tamariepuree en beef stock poeier, 250 ml kookwater, een teelepel worcestersous en paprika, en ‘n blertsie rooiwyn.
As dit als bietjie gekook en verdik het, sit die stoof af en roer ‘n teelepel suurroom, bietjie peper en eetlepel heuning by die sous.
Aartappels maak ek toe in plastieksak en mikrogolf vir 7 minute. Wanneer sag, skil en “mash” ek dit met bietjie knoffelbotter, sout en room.
Voila!
FOTO EN RESEP: Jinnie Theron