VLV NOEDELSLAAI
Die slaai is heerlik, maak sommer ‘n paar bottels dan het jy ‘n vinnige slaai as daar onverwags gaste opdaag. Heerlik saam met braaivleis.
500 g noedels
1 eetlepel sout
1 ½ koppie kookolie
1 koppie witasyn
2 koppies suiker
500 g uie gekap
1 kg tamaties, skille afgetrek en gekap
1 rooi en 1 groen soetrissie
250 ml mayonnaise
peper
Kook die noedels, sout en helfte van die olie tot sag, maar nie pap, dreineer.
Kook die asyn, suiker en die ander helfte van die olie tot suiker opgelos het.
Voeg die uie, tamatie en soetrissies by en kook tot sag maar nie pap nie.
Voeg die noedels by die asynmengsels en kook deur.
Roer die mayonnaise en peper laastens by.
Bottel die slaai terwyl dit nog warm is in gesteriliseerde bottels.
Hou goed op die rak.
Resep getoets en foto: Frieda Greyling en Marié Fourie