

SKORSIES MET SOUTVULSEL
Skorsies gaar gekook, uit skille geskep en sout bygegooi na smaak en fyngemaak.
Babymarrow in ringe gesny en in heelwat botter gebraai en met cheese aromat gegeur.
Dit by die fyngemaakte skorsie gevoeg met al die botter en deurgemeng.
Terug in die doppe in met gerasperde kaas oor.
Plaas in oond onder gril om kaas te smelt of sommer in die mikrogolf.
As mikrogolf opsie gebruik word kan jy dit sommer met gasvlam bietjie “tan”
Bron en Foto: Marianne de Beer






