


PETRO SE HOLLANDSE AARTAPPELSLAAI
1 kg aartappels geskil en gekook tot sag , water af en terug op warm plaat om lekker droog te word .
Maak aartappel baie goed fyn sout en wit pepper na smaak .
Meng so 4 eetlepels Cross & Blackwell mayonnaise by .
Roer dan 1 klein blikkie pink salmon by, grate uitgehaal en gevlok .
Dan n klein blikkie Koo ertjies water af gegooi by .
Dan n klein potjie cocktail uitjies, die wit een, fyn opgesny .
Meng alles goed deur . Skep in n groot genoeg bak en versier met gekookte eiers en sweet & sour cucumbers .
Die beste is om dit oornag in yskas te laat staan .
Bron en foto: Petro van Genderen






