

PATAT EN BROCCOLI SLAAI
Hoeveelhede hang af van die grootte van die slaai
Vir die slaai:
2 medium grootte patats
1 koppie broccoli
Feta kaas
knippie sout
Vir die slaaisous:
2 eetlepels olyfolie
2 teelepels Dion mosterd
1 teelepel fyn knoffel
2 eetlepels esdoringstroop (maple syrup)
3 eetlepels rooiwynasyn
1 eetlepel fyngekapte vars pietersielie
Skil die patats en kook of stoom dit tot gaar maar nog ferm en sny is skyfies. Sny die Broccoli in blommetjies en blansjeer vir 2 minute. Haal uit die kookwater en dompel in koue water en dreineer. Meng al die sous bestanddele in ‘n botteltjie. Plaas die deksel op en skud goed. Laat staan in die yskas vir ten minste ‘n halfuur vir die geure om goed saam te smelt.
Meng die afgekoelde patats en Broccoli in ‘n slaaibak en strooi ‘n knippie sout daaroor. Giet die slaaisous oor en sprinkel dan Fetakaas stukkies oor. Bedek en laat staan vir ten minste ‘n halfuur in die yskas voor dit bedien word.
Bron en foto: Adam Cloete






