

MAKLIKSTE WORSROLLETJIES OOIT
250g boerewors haal die velletjie af
1 pk puff pastry
1 eier geklits
Rol die deeg oop en draai die langste kant na jou toe, le die rou worsvleis so 2cm van die kant af oor die lengte en rol toe, net tot die deeg die wors heel toemaak, smeer geklitste eier waar die twee stukke deeg oor mekaar gaan, sny die deeg af en sny die wors in klein happie grootte. Doen dieselfde met die stuk worsvleis en deeg wat oor bly. Pak op ‘n gespuite bakplaat en smeer bietjie geklitste eier oor elke rolletjie. Bak by 180 grade C vir ongeveer 20-30 min of tot mooi bruin en gepof. Voila… sorg dat die wors nie te vet is dan kook die vet baie uit, maar dit is nie regtig ‘n probleem nie…
geniet hom.
Foto en idee: Rina Kleinhans.






