

KOOS SE NIKNAKS HOENDER POT
Ek is mos nie bang om iets te probeer nie, veral as ek dink dit kan dalk net werk.
Vandag wou ek nou weer anders wees iets nuut probeer. Lees wat doen ek op die einde dalk ken julle dit. Ek het dit nog nooit so probeer of so ge-eet nie of iemand dit sien doen nie.
Ek het nou al baie potjie kos gemaak in my lewe en aan baie kompetisies deel geneem en groot sukses gehad en leer nogsteeds nuwe dinge by.
Een ding wat my altyd pla as mens n hoender potjie maak is om die pot aan die begin te roer om seker te maak die hoender brand nie onder nie want dan breek daai hoender so maklik uit mekaar.
Iemand by n vorige Potjie Kos kompetisie se vir my jy roer nooit jou hoender pot nie. Jy pak die hoender en laat prit op lae hitte.
Ek het maar my normale potjie proses gevolg behalwe dat ek helfte van die gebraaide uie oor die hoender gegooi het en die ander helfte oor die aartappels.
Onthou ek roer maar altyd die vleisie tot die groente in kom
En ek gooi Geen water in die pot die.
Ek het die hoender gepak en speserye gegooi en toe los ek dit. Net so kort kort geskuif om seker te maak dit brand nie vas nie
Daarna het ek maar die gewone groente volgens smaak by gesit. Aartappels, Wortels, Mielies, Paty Pan en Mushrooms. Laat deur kook tot jou groente sag is.
Toe doen ek wat ek nooit aan gedink het en iemand baie lank terug vir my gese het. Probeer eendag reg op die einde Niknaks by jou hoender pot gooi.
Wel ek is liewer vir Cheas Naks en Bietjie gekleure room ook by.
So het dit gekom.
Nogal smaakvol as jy van die kaasgeur in jou potjie sal hou.
Dit maak ook die sous mooi dik.
Foto en resep: Koos van der Merwe






