

ILONA SE ROSé WYN MENGELDRANKIE
2 ysbakkies gevul met ‘n rosé wyn (24 blokkies) en gevries (hulle sal nie klipsteen hard vries nie agv. die alkhol maar hulle moet gevries wees)
1 1/2 koppie aarbeie
2el suiker
1 tot vodka of cane
1 tot perske schnaps
Gooi die Rose ys in ‘n menger en voeg die ander bestandele by, klop alles saam tot amper soos ‘n slush. Gooi in ‘n glas en geniet dis heerlik !!
Bron en foto: Ilona Turner






