

DENZY SE MAALVLEISBOLLETJIE
Denzy het vanaand Minsbolletjies en chakalaka en chickpeas sousie met kapok aartappels gemaak.
500g skaap maalvleis
fyn koljander
pietersielie
2 eiers
2 blokkies Wheat Bix
2 teelepels barbeque spice
sout, pepper en fyn knoffel, na smaak
Meng die maalvleis met al die ander bestanddele saam, maak bolletjies en bak in oond tot gaar by 180°C.
Vir die sous:
½ pakkie tamatie paste
3 lepels suiker
1 blikkie butternut chakalaka en chickpeas
Ek het tamatie paste in pot gegooi en 3 lepels suiker bygevoeg en bietjie gekook. Voeg die blikkie butternut chakalaka en chickpeas by en laat kook.
Foto en resep: Denzel Koenana







geskuif