

SEAN SE SAVOURY BROOD
Lekker broodjie vir ontbyt of by ‘n braai. Mens kan natuurlik insit wat jy wil. Ek sit soms spinasie ook in. Salami werk ook goed.
Meng die volgende 5 bestanddele saam:
1 ½ koppie koekmeel
3 teelepels bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 teelepel sout
½ koppie mature Cheddar, gerasper
2 eetlepels botter
2 eiers
½ koppie melk
½ ui
100 gram bacon
½ blikkie sweetcorn
Vryf botter in tot mengsel krummelrig is.
Maak ‘n holte in die middel.
Meng die eier en melk.
Snipper die ui en bacon en braai liggies in bietjie botter tot deurskynend. Voeg by eiermengsel. Gooi die sweetcorn by en meng deur.
Gooi nou die mengsel by jou droë bestanddele en roer deur. Gooi in broodpan en druk effe plat. Gooi die koppie gerasperde kaas bo-oor.
Bak in voorverhitte oond vir ongeveer 25 minute teen 180°C.
Resep geplaas deur Sean O’Brien
Foto: Sean O’Brien






