

FRIEDA SE VINNIGE VLASKYWE
So maak mens:
1 rol bevrore blaardeeg 400 g
1 pakkie vanielje-kitspoeding
250 ml room
150 ml melk
Versiersuiker, gesif
Suurlemoensap en bietjie water
METODE:
Laat blaardeeg ontdooi
Rol dit op n bakplaat oop, maar moet dit nie dunner uitrol
Sny die deeg dwars in 4 reghoeke
Bak dit 20 min by 200 grade
Laat afkoel
Klits die poedingpoeier, room en melk saam en plaas in yskas tot dik
Smeer van die vulsel op 2 van die reghoeke en plaas ander 2 bo-op
Maak versiersuiker aan met bietjie suurlemoensap en water tot smeerbare pasta
Plaas in yskas om goed styf te word
Sny elke stuk versigtig met n skerp mes in 4 tot 6 skywe
(ek het dit maar gesny , krom en skeef , voor ek dit gebak het)
Foto: Frieda Greyling






