

FRIEDA SE LEKKER CHINESE ETE
Daar is regtig niks “fancy” aan hierdie Chinese disse nie…maar dis uit die boeke uit! hahaha prys jakkals haar eie stert!

DEGIE VIR VARK-BLOKKIES
Maak dit eerste want dit moet n uur in yskas staan voor jy dit bak
250ml Bruismeel
sout
150 ml koue water
12,5 ml olie
2 eierwitte (hou die geel om by te klits as jy die egg fu young maak)
Meng die water en olie
Voeg meel en sout by, tot glad
Laat staan 1 uur in yskas
Klits eierwitte styf en vou in
Geur Vark blokkies met sout en peper
Doop blokkies in beslag en braai in warm olie tot gaar

SOETSUUR SOUS
20 ml suiker
25 ml asyn
1 ml sout
12,5 ml tamatiesous
7,5 ml sojasous
12,5 ml maizena
half k water
blikkie pynappelstukke
4 piekeluitjies
Meng alles in pot en bring tot kookpunt
Voeg klein blikkie pynappelstukke en 4 piekel uie, gekap by en kook tot dik

HOENDER
Pak hoenderporsie in pan
Skep lepels goue stroop oor en sprinkel goed met Sojasous
Prut stadig tot hoender gaar is
Voeg bietjie coke by indien dit droogbraai
Kook intussen jou Spaghetti gaar , sonder sout

ROERBRAAI/ CHOW MEIN
Hoender of steak repies , gebraai in bietjie olie en gegeur
Kool, repies gesny
Wortels, grof gerasper
Ui, ringe gesny
Roerbraai bogenoemde by as vleis amper sag is
Voeg n pakkie Hawaiian Stir Fry of die French Stir Fry by
Roerbraai tot sag en gaar
Skep bietjie van die roerbraai uit en hou vir Egg Fu Young
Skep van die gaar Spaghetti by orige roerbraai en geur met Sojasous

EGG FU YOUNG
Klits eiers , ek het 5 gebruik plus die 2 eiergele
Voeg bietjie sojasous by en van die roerbraai groente
Bak in pan of in eierringe tot gaar
RESEPTE EN FOTO’S: Frieda Greyling






