

COCA COLA KOEK ALA RONEL
Voeg die volgende in ‘n pot en smelt saam:
1½ koppie marshmallows
½ koppie olie
½ koppie margarien
3 eetl kakoa
1 koppie Coke
As jy dit saam gesmelt het voeg 1 teelepel koeksoda by.
Meng die volgende saam:
2 eiers
1¼ kop suiker
1 teelepel vanilla essense
½ koppie karringmelk
2 koppie bruismeel
Voeg nou Coke mengsel by meel mengsel en meng goed. Bak op 160°C vir 1 uur.
Moenie skrik as koek sag is nie , dit moet so wees.
Ek het ½ koppie vla bo-oor geskep met bietjie klapper bo-op vla.
Foto: Ronel Muller Thoma






