

BUTTERNUT FRITTERS
Resep en foto: Kristie Townsend
Ek het vanaand vir my en my man beef brisket gemaak met geel rys en boontjies met aartappels en butternut fritters die butternut fritters was poeding so romerig en baie lekker!! Daar het niks butternut fritters oorgebly nie! ☺️
My eie vinnige en maklike resep ek deel graag:
1 botterskorsie geskil en opgesny in blokkies
1 koppie koekmeel
1 eetlepel bakpoeier
1 eier
Bietjie sout
Bakkie met kaneel en suiker
Olie vir die pan(sonneblom olie werk die beste)
Sit die botterskorsie blokkies in ‘n plastiese bak met biekie water, en voeg sout by. Sit in die mirkogolfoond vir 5 min op hoog. Laat rus vir 30 min in die mikrogolfoond, sit weer vir 5 min op hoog. Maak die botterskorsie fyn en voeg een eier by en die meel en bakpoeier en meng goed. Sit ‘n laag olie in ‘n pan en wag sodat dit warm word. Plaas nou lepels vol in die pan en laat dit so minuut aan elke kant braai, tot goud bruin. Sit in bak met papierhandoeke sodat olie afdrup. Plaas nou in bak met kaneel en suiker en bedek aan altwee kante.
Bedien dadelik!
PS as die butternut deeg nog bietjie loperig is, voeg net nog meel by.






