

ALTA SE KWEPERJELLIE
Resep en foto: Alta Gunter Van Dyk
FOOD LOVERS RECIPES
Omdat ons in vrugte area is, vries ek my vrugte en kook deur die jaar my konfyte. Kwepers kook ek met die skille en pitte in ‘n bedekte kastrol met water, vir 1 uur, Gebruik ‘n melk doek oor ‘n emmer en giet die sap deur die doek. Moenie druk nie, laat deurnag deur loop.
Ek vries dan die sap in 2 liter bottels en ontvries oornag.
Vir die jellie gebruik ek 2 liter kweper sap en 3 koppies suiker.
Kook stadig tot suiker op gelos is en moenie roer terwyl jellie kook nie.
Skep die skuim af. Toets die jellie na ‘n uur se kook deur klein bietjie brandspritus in bakkie te skep in ‘n lepel stroop van kwepers.
As dit ‘n solide klont maak is jou jellie reg vir bottel.
Ek steriliseer my botteltjes in die oond en skep warm in en maak toe.






