ALTA SE KWEPERJELLIE
Omdat ons in vrugte area is,vries ek my vrugte en kook deur die jaar my konfyte. Kwepers kook ek net die skille en pitte in ‘n bedekte kastrol met water, vir 1 uur, Gebruik ‘n melk doek oor ‘n emmer en gooi sap deur die doek. Moenie druk nie laat deurnag deur loop.
Ek vries dan die sap in 2 liter bottels en ontvries oornag.
Vir die jellie gebruik ek 2 liter kweper sap en 3 koppies suiker.
Los suiker op en moenie roer terwyl jelly kook nie,
Skep skuim af. Toets jelly na n uur se kook deur klein bietjie brandspritus in bakkie te gooi in ‘n lepel stroop van kwepers.
As dit n solide klont maak is jou jelly reg vir bottel.
Ek steriliseer my botteltjes in oond en skep warm in en maak toe.
Bron en foto: Alta Gunter Van Dyk