

PAMPOEN MUFFINS OF BROODJIE
Het al paar keer muffins gemaak – HEERLIK (eie foto). Lekseltjie deeg oorgebly toe blits ek dit in mikrogolf vir 1 min op hoog -troosprys terwyl res bak!
Vandag dit in broodjie vorm saam met patat meel gebruik – eie foto! Sonder patatmeel effe ligter en droër tekstuur. Patatmeel help vir lekker dig dog klam tekstuur.
1,5 koppie koekmeel (het vandag 1 koppie gewone meel en ½ koppie patat meel gebruik – WENNER)
½ teelepel bakpoeier
1 koppie (ongeveer 250 g) boerpampoen, gekook en fyngedruk
½ koppie olie
2 groot eiers
1 ¼ koppie suiker
½ teelepel kaneel
¼ teelepel gemmer
⅛ teelepel fyn naeltjies
⅛ teelepel neutmuskaat
½ teelepel sout
½ teelepel koeksoda
Kaneelsuiker:
1 eetlepel suiker
1 teelepel kaneel (pas aan na smaak)
Sif bakpoeier en meel en al die droë bestanddele saam.
In ‘n ander mengbak meng die nat bestanddele en pampoen.
Voeg die meel- en nat mengsel saam en meng goed maar nie oormeng nie.
Deel in muffin pannetjie in (maak so 12 – 14) of middelslag broodpannetjie.
Meng kaneelsuiker en strooi oor die deegmengsel in die muffin pannetjie.
Muffins bak 20 – 25 min by 180ºC
Broodjie bak 30 – 40 min.
Bron en foto: Carmari Fourie Strobos







geskuif