

OONDGEBRAAIDE VARKNEK OP ‘N GROENTEBED
4 Stukkies varknek
1 groot ui fyngesny
Rooi, Geel en Groen peppers in repies gesny
1 Pannetjie Sampioene, gehalveer
Sout, peper, rissievlokkies en braaivleis speserye na smaak.
Smeer ‘n oondpan mildelik met olyfolie. Strooi die gekerfde ui in die oondbak.
Pak die vleis bo-op. Sit nou die pepper-repies en sampioene op die vleis en geur met geurmiddels.
Bak in die oond by 180ºC tot die vleis gaar en sappig is. (25-30min). Bedien met rys en slaai.
FOTO EN RESEP: Wilma Josey Venter






