



NADINE SE “CIDER PORK BELLY”
Pork Belly
Savanna Cider
olie
2 toontjie knoffel
2 appels elk opgesny in 8
2 eetl bruinsuiker
2 eetl heuning (na smaak)
Ek’t pork belly in oond gemaak met savanna cider. Gooi genoeg cider in die pan om die vleis te dek tot net onderkant die vel. Sit die belly met sout op die vel in die savanna, voeg by teelepel olie en 2 toontjies gekapte knoffel en plaas in die oond vir so uur en half teen 160 grade C, afhangende van grootte of tot sag.
Dan sit jy geskilde appels in en bak vir nog 30 minute en laaste tien minute op grill. Haal uit sous en laat rus. Voeg bruinsuiker en heuning by sous en kook tot bietjie dikker. Bedien saam groente.
En dis die sagste wat ek dit al geproe het. En ja die lekkerste crackling. Die belangrikste is dat hy rus vir tien minute en mens draai hom glad nie om nie.
Resep en foto: Nadine Nortier






