

KOOS SE LAMSBREDIE
So maak ek.
Vandag Lam Strew in my ysterpot op die stoof.
Uie gebraai tot glaserig en weer uit geskep.
Gesnyde Lams nek in die pot gebraai tot bruin en toe vir 30 minute laat kook/prit
Onthou mens gooi nie water by nie. Jy kook nie vleis in water nie daar is genoeg sappigheid in die vleis wat uitkook as jy dit op lae hitte kook.
Na 30 minte het ek Lam stew vleis bygegooi en die uie bo-op geskep
Toe kom die speserye
Sout
Peper
BBQ spice
Worcetersous spice(Droe korrels)
Koljander
Naeltjies
Nutmeg
Behalwe vir die sout werk ek al die speserye op 1 gram vir elke 1 kg vleis
Dan kook ek alles vir n uur en roer kort kort
Klein Cocktail tamaties in gesit so 15
Nou is die pot watering van die water in die tamatie
Na 30 minute 1 Pakkie Tamatie Pasta by gegooi
En die aartappels bo op gepak
Dan kook ek dit stadig tot die aartappels sag is
Onthou alles op lae hitte op my stoof plaat no 3
Meng 250 ml Vars room met worcetersous om die bleek kleur weg te vat en gooi die Room mengsel by en kook nog 15 minute.
Sit die plaat af en laat staan die pot tot jy nou voel jy is honger.
Hoe langer die pot staan hoe beter smaak die pot.
Vandag Rys, Tamtie/uie en Avo slaai en gebraaide fyn gesnyde soet wortels
FOTO EN RESEP: Koos van der Merwe






