

GROENTE OP DIE VUUR SAAM MET BRAAI
Ek het gebruik:
Wortels, klein uie, spinasie, radyse, aartappels, greenpepper, knoffel en cocktail tamaties. Jy kan enige groente insit. Ekt voorheen baba beetjies en buttenut en patats ook al gebruik. Vars knoffelhuisies is die lekkerste. Dan kruie en sperserye van jou keuse. Met mildelike toediening van olyfolie. Maak dig toe in heavy duty foelie. Sommer 2 lae aangesien kole rondom en bietjie bo-op gesit word. Groente kan sodra daar kole is op die vuur gaan. Nie te warm. Amper soos wanneer broodjie in pot gemaak word. Hulle moet maar op kant kuier tot braaivleis gaar is. Dis regtig heerlik!
Bron en Foto: Karin Klinck Pitout






