AMARULA MALVA POEDING MET STROOISUIKER
220 g strooisuiker
2 groot eiers
30 ml gladde appelkooskonfyt
125 ml melk
30 ml botter – margarien
5 ml wit asyn
185 g gewone meelblom (340 ml )
5 ml koeksoda
1 knypie sout
Voorverhit oond tot 180 grade C.
Verroom die suiker en eiers met ‘n elektriese klitser totdat dit lig kleurig is, ongeveer 3 -5 minute.
Klop die konfyt in net voordat dit reg is om met die ander bestanddele gemeng te word.
Verhit intussen die melk, botter of margarien en asyn in ‘n beker in die mikrogolfoond op hoog vir 30 – 45 sekondes totdat dit warm is en die botter of margarien gesmelt is.
Sif die meelblom, koeksoda en sout ‘n paar keer saam in ‘n medium bak.
Vou nou die helfte van die meelblom en die helfte van die verhitte vloeistof in by die eiermengsel, en daarna die ander helfte .
Sodra dit gemeng is, gooi dit in ‘n 30 cm x 20 cm glas of keramiekskottel en bak vir 30 – 45 minute totdat dit goed bruin is.
As die toetspen skoon uitkom, is dit reg.
SOUS
125 ml botter
125 ml room
60 ml suiker
250 ml amarula likeur — net totdat die sous warm en die suiker opgelos is, moet dit nie laat kook nie.
Verhit saam in ‘n mediumgroot pot oor mediumhitte.
Haal die poeding uit die oond en gebruik ‘n vleispen om gate bo in te maak, en gooi dan die sous stadig oor die warm poeding.
Laat dit in die afgeskakelde oond met die deur effens oop totdat die sous geabsorbeer is, sowat 5 – 10 minute.
Sit warm voor met vla, room of roomys.
Foto: Marietjie Nel – nota: ek het wild african cream gebruik en dit was heerlik
Resep geplaas deur Marietjie Nel